Advertorial
GEORGE SAKENUUS - Edugrow, 'n fasiliteit wat omsien na kinders met spesiale behoeftes, het sy deure oopgemaak te Witfonteinweg 31, George.
Die eienaar, Trix Sieberhagen, is 'n jare lange inwoner van George met die nodige opleiding om met downsindroom-kinders asook kinders met outisme te werk.
Trix het 15 jaar diens by Carpe Diem skool vir leerders met spesiale behoeftes, waar sy elke kind in haar klas met individuele aandag en liefde onderrig het. Sy het by die skool ook ervaring opgebou om kinders met verskillende behoeftes, byvoorbeeld kinders met outisme asook downsindroom-kinders, in een groep te akkommodeer. Sy het gewoonlik tussen vyf en agt leerders met downsindroom saam met die ander leerders in haar klas gehad en weet dus hoe om met hulle te werk en hulle te verstaan.
Trix kan u kind met liefde en sorg onderrig soos u dit graag sou wou hê. Dit is ook vir haar baie belangrik om goeie kontak met die ouers te maak en te behou sodat enige probleme wat kan opduik, opgelos kan word.
Kontak Trix Sieberhagen by 082 339 9841 of siebarch@telkomsa.net.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'