Natie van Jaarsveld, eienaar van Ceiling en Partition Mecca, sê hy was die afgelope sewe jaar betrokke by Interior Design Concepts (IDC), maar nou het hy die besigheid, laat in Augustus, by sy mede-kollega, Michelle van Iddekinge, oorgeneem. Sy het nou ander werkverpligtinge wat haar aandag verg.
IDC is nie gelikwideer of bankrot nie, maar is bloot oorgeneem - met 'n nuwe geregistreerde naam.
Ceiling & Partition Mecca spesialiseer in die installering van plafonne, afskortings en droëmure, maar hy bied ook 'n wye reeks nutsdienste wat wissel van verf-, onderhouds- en teëlwerk. "Ons doen feitlik enigiets wat opgeknap of onderhou moet word - alles inbegrepe of, soos hulle in Engels sê: alle "turnkey projects," sê Natie.
Wat hom van ander besighede onderskei, is die sterk kliëntebasis wat deur die jare opgebou is: eers as IDC en nou as Ceiling & Partition Mecca. "Ons prys is reg en die kwaliteit van ons werk staan uit."
Daarom spog hulle met gerekende kliënte soos Fancourt, die Garden Route Mall, Mediclinic, Marsilio Projects en talle meer. Nie sommer sulke hierjy maatskappye nie.
"Ons is trots en bevoorreg om sulke gewaardeerde kliënte te hê."
Natie sê hul fokus op kettingwinkelgroepe en groot installasies, maar hulle sal nie wegskram van private kliënte nie. "Tewens, hulle is welkom om by ons om hulp aan te klop."
Die opening van Ceiling & Partition Mecca is deur talle bekendes bygewoon. Natie wil almal bedank wat die tyd ingeruim het om dié opening by te woon. "Ons wil die pad saam met hulle loop die toekoms in."
Ceiling & Partition Mecca is geleë in 21 Foundry Road in George Industria.
Tel: 044 873 2424 of kontak Natie by 084 698 5007.

Bekende sakelui en ander belanghebbendes het die "nuwe" Ceiling & Partition Mecca se amptelike opening verlede week bygewoon. Die maatskappy, wat in George Industria geleë is, het voorheen as Interior Design Concepts sake gedoen. Die span spesialiste is agter van links Nicholas, Ollie, Morris, Kenneth en Kobus. Voor sit Zelodia (sekretaresse), Raphiel, Samuel, Berna