Advertorial
GEORGE NUUS - Vir jare lank bied die Bush Lapa elke maand live shows aan en in Desember sy jaarlikse Bush Lapa Konsertreeks.
Dié jaar gaan beslis nie anders wees nie - inteendeel, maak reg vir 'n grote! Die Bush Lapa, wat tesame met Down to Earth Venue & Restaurant deel vorm van Herold's Bay Resort, is al volksinstelling in die Tuinroete en vier vanjaar sy 15de bestaansjaar.
Dit is 'n groot mylpaal vir eienaar KD Fourie en sy span en vanjaar kan besoekers uitsien na die room van die room van Afrikaanse kunstenaars. Die fees word oor nege aande aangebied en daar word 'n ekstra twee aande se musiek beplan by die Down to Earth.
Fourie het in 2006 van Pretoria na George verhuis en die te kort aan 'n musiek- en vermaakplek in die Suid-Kaap raakgesien. Die res is soos hul sê - geskiedenis. Die Bush Lapa het oor die jare een van die mees erkende live show venues in die land geword.
"Ek kan nie glo dit is al 15 jaar nie! Ek en my span is al deur meer as ons fair share van klippe kou en bloed sweet, maar ons raak elke jaar sterker en beter. Die Bush Lapa bied elke aand van die fees 'n full blown konsert aan met 'n groot span professionele hande en die beste kunstenaars," sê Fourie.
Die Bush Lapa soos hy deesdae lyk.
Dit bly oop na vertonings vir 'n lekker kuier tot laat, en mense is welkom om na die tyd te bly of aan te sluit al het hulle nie die vertoning bygewoon nie.
Hier kry jy 'n gesinsatmosfeer en almal voel soos familie. Parkering is volop en gratis, pryse is billik, kos is uit die boonste rakke en die vertonings gaan beslis nie teleurstel nie.
Down to Earth bied tydens Desember heerlike ontbyt- , middag- en aandetes aan en met 'n asemrowende 180 grade seeuitsig bied dit die perfekte opset vir 'n gesellige tot romantiese kuier.
Deur die res van die jaar is hulle oop vir ontbyt en middagetes van Woensdae tot Vrydae en op Sondae bedien hulle van die streek se beste middagetes. Down to Earth is ook 'n gunsteling plek vir troues en ander tipe funksies, en bied deesdae ook hul nuutste toevoeging, luukse tentverblyf aan.
Vir meer inligting skakel 044 851 0113 (k/u) /of 082 334 4340 (WhatsApp) of stuur 'n e-pos na admin@heroldsbayresort.co.za.
Die Bush Lapa 'n paar jaar gelede.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'