Advertorial
TUINROETE NUUS - Niks berei jou voor vir die emosionele skok om iemand naby aan jou te verloor nie, selfs al is dit 'n verwagte dood.
Sonja Smith Funeral Group met 10 kantore in Gauteng, het pas in George en Mosselbaai deure geopen. Hier word jy ondersteun terwyl daar na al die praktiese begrafnisreëlings omgesien word.
Die onderneming bied vir die afgelope 16 jaar 'n hoë vlak van toegewyde begrafnissorg, adviseer oor al die opsies en voer dienste uit met deernis en empatie.
"Ons help om seker te maak dat elke begrafnis wat ons reël 'n betekenisvolle ervaring is wat onthou sal word," aldus Smith.
Of dit nou 'n aandbegrafnis met kerse en koormusiek is, of 'n groen begrafnis met 'n geweefde mandjie vir 'n doodskis, hierdie span se wenresep is verpersoonliking.
Sonja is welbekend vir die grondwetlike uitdaging wat sy aangepak het om uitklaring te kry oor die regte van ouers wie se babas vóór 26 weke van gestasie doodgebore word. Sy het hierdie saak tot in die hoogste hof gedryf en sodoende verseker dat bedroefde ouers voortaan op 'n waardige wyse kan afskeid neem van wat hulle alreeds beskou as hul eie kindjie.
Sy beveel aan dat elke persoon 'n lewenslêer aanskaf waarin belangrike, persoonlike dokumentasie geliasseer word. Daar is 'n lys van tot 42 items wat benodig word deur die eksekuteur in geval van afsterwe. Sien https://sonjasmith-funerals.co.za/my-life-file/.
Die George-tak met 'n kapel vir 50 mense en ruim parkering is geleë in die ou Pienk Olifantgebou in CJ Langenhovenstraat 23, Dormehlsdrift.
Mosselbaai-franchise is in Soetdoringstraat 32, Heiderand.
Tel 044 110 0020/21 Alle ure.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'