GEORGE-NUUS - BASF, die motorbybehore-maatskappy in George Industria is al byna 30 jaar die staatmakers wanneer dit kom by enige motorverf, paneelkloptoerusting en bakpanele.
Die maatskappy het verlede jaar ook begin om glas vir alle gewilde motorfabrikate te verskaf.
"Iets wat ons klante baie gerieflik vind, is dat ons die glas hier by ons perseel vir hulle installeer," sê mnr Hennie Griesel, die takbestuurder.
"Ons is nou deeglik ingeburger in die nuwe perseel net agter die Sasol-vulstasie in Albertstraat. Dit is gerieflik ruim en het volop parkeerplek vir klante."
BASF is die grootste verskaffer van plaasvervanger-panele vir motors, bakkies en minibustaxi’s. Dit sluit ook ligte en buffers, roosters, verkoelers en nog baie meer in.
"Die meeste hiervan is dadelik beskikbaar. Indien ons dit nie het nie, kan ons dit oornag verskaf," sê Hennie.
Vir meer inligting, skakel 044 874 4500 of besoek BASF op die hoek van Kragstasie- en Luvernweg in George Industria om meer oor hul spesiale aanbiedings uit te vind.
BASF is nou goed ingeburger in hul perseel in George Industria.