Advertorial
GEORGE SAKE-NUUS - Jy droom al lank daarvan om ons pragtige land te verken en deur Suider-Afrika te toer. Wel moenie verder uitstel nie, skakel vandag nog vir BEUKES TOERE wat toergroepe op goed georganiseerde reise neem regoor die land. Van hulle gewildste toere sluit in die Krugerwildtuin, Bosveld, Mosambiek, Laeveld en vele ander plekke. Hulle bied gehalte reise teen bekostigbare pryse!
Gert en Ansie Beukes het byna 20 jaar gelede, in 2000, na die Suid-Kaap verhuis en begin om toere vir Suid-Kapenaars te organiseer. Honderde mense het al saam met hulle deur die land en buurlande gereis. Ansie was vroeër vir 12 jaar 'n baie suksesvolle toeroperateur in Potchefstroom.
Die afgelope paar jaar het BEUKES TOERE uitgebrei tot 'n suksesvolle familiebesigheid met (hul kinders), Cronnie, Gerrie en Jana, wat by hulle aangesluit het. Meer bestemmings word nou deur BEUKES TOERE aangebied.
BEUKES TOERE gebruik groot luukse toerbusse vir hul reise na Namibië, Botswana, Drakensberge en teatertoere na die Kaap. Kleiner groepe word geakkommodeer na verskeie bestemmings met Cronnie se luukse 18-sitplek bus.
Teatertoere is gemik op gewilde produksies in byvoorbeeld die Kunstekaap (ArtsCape) met die beste sitplekkaartjies, twee nagte akkommodasie, etes, asook interessante besoekpunte en dit is baie bekostigbaar.
Daar is nog enkele plekke beskikbaar vir die musiekblyspel Chicago, asook vir Afrikaans is Groot.
Die Beukes-familie, van links: Cronnie Beukes, Gert en Ansie Beukes, Jana Beukes en Gerrie Beukes.
Die Drakensberg toer is voorwaar 'n treffertoer!
BEUKES TOERE se toere is almal goed beproef en uitstekende waarde vir geld!
Meer inligting oor enige toere gaan vandag nog na www.beukes-toere.co.za of skakel 083 234 2294.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'