Advertorial Gallery
SAKENUUS - Die weidingsaadmaatskappy, AgroFors (AF), het op Woensdag 18 September 'n bekendstellingsdag vir boere by hulle proefperseel in Oubaai gehou om die maatskappy aan produsente voor te stel.
Dit was ook 'n geleentheid om bewusmaking te doen van nuwe, eksklusiewe en opwindende weidingsaadvariëteite wat hulle vir die eerste maal in die Suid-Afrikaanse mark aanbied.
Boere, bemarkers en landboukoöperasies was onder die genooide gaste wat die proewe kon besigtig. Tegniese bemarkers van AF het ook insiggewende praatjies gelewer.
AgroFors, met hul hoofkantoor in Oudtshoorn, is 'n vol filiaal van die Klein Karoo Saad Groep (KKS).
David Malan, KKS asook AF se besturende direkteur, het in sy verwelkoming gesê AgroFors is 'n jong maatskappy wat in 2021 gestig is, maar danksy hul verbintenis met KKS, beskik hulle oor saadkennis wat strek oor 80 jaar.
"Tegnies is KKS, een van die oudste saadmaatskappye in Suid-Afrika. Dit beteken dat AgroFors, deur sy verbintenis met KKS en Klein Karoo Saad Produksie (KKSP), toegang verkry tot uitstekende plaaslike saadproduksiekapasiteit met wêreldklas verwerkingsaanlegte en saadlaboratoriums, institusionele kennis van saad en die mark, en toegang tot saadmaatskappye van reg oor die wêreld. Dit is tot al ons produsente se voordeel."
FOTOGALERY - AgroFors stel opwindende saad- variëteite bekend
AgroFors het reeds toegang tot genetika van regoor die wêreld, insluitend Suid-Amerika, Europa, Australië en die VSA, wat na Suid-Afrika gebring word.
"Ons voordeel is dat ons nie verbind is aan een verskaffer nie. Ons het toegang tot maatskappye met die beste teelprogramme in die wêreld.
Ons is besig om 'n magdom genetiese materiaal in te bring en in verskillende streke van Suid-Afrika te toets."
AgroFors het in 2023 vir Seednet, 'n klein, gevestigde weidingsaadmaatskappy, in die noorde van die land bekom, wat die maatskappy se voetspoor vergroot het tot oor die hele Suid-Afrika.
KKS en AF het ook reeds swaar belê in tegnologie soos saadbehandelings, verpilling van saad, saadmengsels en dekgewasnavorsing.
Kontakbesonderhede:
- E-pos: ilse@kleinkaroo.com
- Tel: 044 203 5295
Jaco Engelbrecht van Agrofors lewer 'n praatjie oor die kombinering van verskillende gewasse vir optimale voeding en volhoubare weiding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’