Sponsored Content Video
SAKENUUS EN VIDEO'S - Adler’s Nest bied reeds vir die afgelope ses jaar hoë kwaliteit sorg en is ‘n ideale tuiste vir ouerwordende persone wat verswak is, asook aan demensie en Alzheimer se siekte ly.
“Ons baseer alles wat ons hier doen op die kernbeginsels van aandag, liefde en erkenning. By Adler’s Nest bied ons ‘n veilige, vreedsame en stil omgewing. Ons reëls is nie rigied nie, omdat ons wil hê die inwoners en enige besoekers moet so tuis as moontlik hier voel,” sê Hein Marx, die sentrum-eienaar.
Een van die sentrum se grootste pluspunte, meen Marx, is dat Adler’s Nest nie ‘n waglys het nie.
“Ons stel onsself daarop in om mense dadelik te help en doen wat nodig is om dit so vinnig moontlik te laat gebeur.”
Geleë in die ongerepte natuurskoon van Aalwyndal, bied Adler’s Nest gespesialiseerde sorg aan ‘n maksimum van 54 inwoners. Buiten verswaktesorg, is uitstekende mediese sorg 24 uur per dag ook beskikbaar. Die oogmerk is om uiteindelik aan 100 inwoners sorg te bied.
Die sentrum is in ‘n voortdurende proses van opgradering en verbetering. Gedurende die afgelope twee jaar, is ‘n nuwe vleuel ook aangebou. Deel van die jongste uitbreiding is ‘n nuwe kombuisfasiliteit en eetsaal.
“Dit is vir ons baie belangrik dat ‘n positiewe atmosfeer by Adler’s Nest moet heers. Dit is die eerste verwelkoming wat ons wil hê besoekers, wat dikwels inwoners se kinders insluit, moet beleef.”
Marx meen dat sy personeel streng volgens hierdie kriteria in diens geneem word.
Die aktiwiteitsprogram vir inwoners bied verskeidenheid en sluit in bingo, kaartspeel, danse, musiek, verf, inkleur, kleiwerk en buitelugaktiwiteite in.
“‘n Gesonde dieet is vir ons kernbelangrik en die resultaat hiervan is inwoners wat floreer, veral die Alzheimers-pasiënte.”
Adler’s Nest ondersteun ook die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) deur ‘n palliatiewe sorg fasiliteit beskikbaar te stel, soos nodig.
- Kontak: Hein - 082 801 5399.
- Besoek: www.adlersnest.co.za
- E-pos: info@adlersnest.co.za
VIDEO: Adler’s Nest - Alzheimers, Dementia en Frail-care Centre
VIDEO: Hein Marx gesels oor Alzheimer en Dementia
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'