Advertorial
GEORGE NUUS - As gevolg van 'n groot behoefte vir diens aan angstige pasiënte en jong kinders wat ekstensiewe behandeling benodig, het Walk in Doctor & Dentist in Oktober begin met 'n sedasiekliniek by die praktyk in Heatherlands.
Die kliniek gaan ten minste een maal per maand gehou word en sal op Saterdae wees sodat ouers en gades die pasiënt kan vergesel.
Hierdie perseel is doelgerig ontwikkel om voorsiening te maak vir die bes moontlike toestande om pasiënte onder sedasie te behandel.
Met 'n ruim spreekkamer en ten volle toegeruste herstelkamer, is daar opgeleide teaterpersoneel wat omsien na die pasiënt se welstand na behandeling.
Sedasie is baie veilig en ons behandel kinders vanaf 2-jarige ouderdom tot die bangste volwassene.
Die kostes van sedasie is minder as 20% van algemene narkose.
'n Verdere voordeel is dat die pasiënt glad nie die prosedure kan onthou nie, so dit voorkom dat hulle 'n verdere vrees ontwikkel vir tandartse.
Pasiënte wat baie bang is of 'n vrees vir tandartse het, is welkom om na enige van ons vier spreekkamers te gaan vir 'n konsultasie en koste beraming vir voorgestelde behandeling.
Dit is nou twee jaar vandat die eerste Walk in Dentist oopgemaak het in George, en met 'n vinnig groeiende pasiënte getal is ons trots om aan te kondig dat met reeds landwye praktyke, Walk in Doctor & Dentist ook nou in Mosselbaai geopen het.
Walk in Dentist word steeds deur meeste mense gesien as net 'n gerieflike nooddiens.
Die praktyke lewer, behalwe vir die uiters noodsaaklike nooddiens, ook volledige voorkomende en herstellende behandeling, asook periodontale, ortodontiese, chirurgiese en rehabilitasie behandeling.
Walk in Doctor & Dentist werk saam met die beste spesialiste en tegniese laboratoriums om die beste diens moontlik aan pasiënte te lewer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'