Dit is plaaslik beskikbaar by Green Plastic Designs wat in Januarie ‘n tak in Mosselbaai geopen het. Die eienaars, Jacques en Hannelie Rossouw is hoogs opgewonde oor dié splinternuwe uitdaging.
Green Plastic Designs se hoofkantoor is in Heidelberg (Gauteng), vanwaar die Rossouws ook oorspronklik kom. Die maatskappy het ook takke in Nelspruit en die Vaaldriehoek.
Green Plastic Designs vervaardig meubels van 100% herwinde plastiekplanke wat nie kan verrot of splinter nie en ideaal geskik is vir buite-gebruik.
"Vir diegene wat wonder ... dit is nie moeiliker om met hierdie plastiekplanke te werk as met hout nie - inteendeel, in sommige gevalle is dit selfs makliker," sê Jacques.
Verskeidenheid produkte
Green Plastic Designs vervaardig onder andere piekniektafels, tuinmeubels, banke, dekke, vloere, dromme, heinings, blom- en groentebakke asook die gewilde klimrame (jungle gyms) en vele ander produkte.
Toets gerus enige voorstelle met hulle. Bestellings is ook baie welkom.
Dié plastiekprodukte het ook ‘n houtagtige tekstuur en toetse het aangedui dat wanneer dit nat is, dit selfs minder glad is as hout óf beton.
Ander voordele:
Waterdigtheid
Geen onderhoud
Lewenslange waarborg
Spesiale pryse
Daar is steeds verskeie openingsaanbiedinge en ‘n paar ander produkte teen spesiale tariewe beskikbaar - moet dit dus nie misloop nie! Gemeenskapinstansies (onder andere skole en kerke) is ook geregtig op afslag. "Onthou, hoe groter die bestelling, hoe beter die prys," sê Jacques.
Besluit dus sommer vandag nog om groener te leef en maak ‘n draai by Green Plastic Designs in Balleysingel 70, Voorbaai.
Die besigheidsure is weeksdae van 08:00 tot 17:00.
Kontakbesonderhede Jacques 083 758 9722, Hannelie 084 813 7053, kantoor 044 692 0216, e-pos: greenplastic@telkomsa.net en webtuiste: www.greenplasticwood.co.za.
Die Green Plastic Designs-span bestaande uit Jacques en Hannelie Rossouw, Louis Marais en Marius Roodt.