GEORGE NUUS - Die Stansimproduksieveiling wat onlangs by die George-skouterrein plaasgevind het, was 'n reusesukses. Goeie gehalte Simmentalers het onder die hammer gekom en verskeie toppryse is behaal.
Die verkoper, Werner Stander, teel van die beste genetika en sy kudde is beslis in ‘n klas van hul eie.
Kopers het van oor die land aan die veiling deelgeneem. Die veiling is ook ondersteun deur Swiftvee Online. André Badenhorst, 'n kliënt van Clive Gardner-afslaers het meer as R700 000 se vee aanlyn gekoop.
'n Gemiddeld van R64 166 is vir bulle behaal. Die hoogste prys was Lot 13 – CSS 18 568 en is verkoop vir R120 000 aan André Badenhorst van Empangeni KwaZulu-Natal.
Koeie is verkoop teen 'n gemiddeld van R34 666. Die duurste koei was Lot 6 – CSS 18 507 en is verkoop vir R75 000 aan Riaan van Zyl (Lorental Bdy BK) van Lynnwoodrif.
Koei en kalwers is verkoop teen 'n gemiddeld van R38 555.
Die duurste koei en kalf was Lot 1 – CSS 18 538 en is verkoop vir R75 000 aan Gulland Simmentalers van Martiens de Jager van Rustenburg.
Verse is verkoop teen 'n gemiddeld van R31 400. Die duurste vers was Lot 42 – CSS 19 804 en is verkoop vir R50 000 aan Rieks Esterhuizen van Vryburg.
Die veiling en voorbereiding is hanteer deur Clive Gardner-afslaers wat landwyd veilings organiseer.
Die duurste koei en kalf lot 1.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'