Besoekers aan die skou kan oor die drie dae hul tyd verwyl met vele aktiwiteite en dinge om te sien vir jonk en oud.
Gaan besigtig die vleisbeeste, melkbeeste, perde, hoenders, duiwe en skape en selfs kinders kry die geleentheid om met klein- en grootvee hul slag te wys.
Talle sportgeleenthede waaraan ontwikkelingspanne deelneem is op die agenda en sluit in fietsry, toutrek, kragoptel en 'n padwedloop.
Vroue hoef glad nie uit te voel nie - 'n nuwe item op die program is die ongelooflike PSG Vroueoggend. Daar is 'n vrouesaal op die terrein waar vroue hul kan verlustig in uitstallings en demonstrasies. 'n Modeparade van LaBelle Finishing School, gelukstrekkings, gratis gesigbehandelings, geskenkpakkies en heerlike eetgoed wag.
Die vermaaktent beloof iets vir almal wanneer plaaslike kunstenaars hul talent wys. Leonard Cohen se Musiek, gesing deur Koos van der Merwe, Nadia Louw, Wynand Burger en Jay sal beslis atmosfeer skep.
Toegang na die skou is Donderdag R20 vir volwassenes, R10 vir kinders en Vrydag en Saterdag R40 vir volwassenes en R10 vir kinders. 'n Naweekkaartjie is R80 vir volwassenes. Kinders kan naweekkaartjies teen R20 slegs by hul onderskeie skole aankoop.
Vir enige inligting rakende die skou skakel Susan by 082 881 3305, of die skoukantoor by 044 873 4165.
.jpg)
Agter van links is die skou se raadslede, Gerry Lenferna (suiwelafdeling), Jurie Wessels (jeugskou) en Gert Pretorius in die trekker (president). Middel: raadslede Wilma Smith (spyseniering), Hannes Cilliers (sekuriteit), Noof van Vuuren (touleier), Ronel Smith (spyseniering), John van Vuuren (vleisbeesafdeling), Tinnie Dirks (Simmentaler vleisbeesafdeling), Dennis Schley (stalletjiekoördineerder) en Mike Damster (elektrisiteit). Sittend voor links: Susan Willemse (sekretaresse), Nico van Rensburg (suiwelafdeling)... en die koei se naam is Avondrood Sultan Mari! Foto: Leon van Rooyen (vleisbeesraadslid)
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'