- TRA omset groei van R196 miljoen na R697 miljoen en wins na belasting groei van R2,5 miljoen na R22 miljoen.
- Die aantal takke in TRA groei van 8 na 18.
- TRA aandeelhouers het met die oorname deur SSK en oor 'n periode van 10 jaar inkomste van ongeveer R5,15 per aandeel verdien teenoor 'n aandeelprys van 27 sent sowat 12 jaar gelede.
- In 2008 ontvang hy The Herald/NMMU Business School se besigheidspersoon van die jaar toekenning.
- In 2008 word die LBK by TRA gevoeg en in 2013 is Jan deel van die span wat die SSK oorname van TRA suksesvol afhandel.
- Byna al die eiendomme van TRA is die afgelope 11 jaar wesentlik opgradeer tot voordeel van landbouers en ander kliënte.