Goeie gehalte en kwaliteit het tussen die agt deelnemers hoogty gevier.
Die algehele wenner was Andre de Jager van Swartklip, Albertinia , wat ook as die wenner van Beste Ooi van die dag aangewys is.
- Die wenner van die Beste Wol was Gus du Toit van Grootfontein, Herold;
- Beste Bouvorm se wenner was Frikkie Van Der Walt van Schoonberg, Herold; en
- Beste Vordering het gegaan aan Cavert Barkhuizen van Aorta Boerdery, Noll.