UNIONDALE NUUS - George Munisipaliteit het 'n kennisgewing uitgereik dat daar onderhoudswerk gedurende 1 - 3 Oktober vanaf 07:00 tot 16:00 by die Uniondale Watersuiweringsaanleg se besinktenke gedoen gaan word.
Watertrokke sal beskikbaar wees indien nodig.
Die publiek word versoek om water spaarsaam te gebruik.
Sou omstandighede verhoed dat die werk gedoen kan word gedurende bogenoemde periode, sal die werk gedoen word op 8 - 10 Oktober vanaf 07:00 tot 16:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’