Anoniem van Sinksabrug:
Ek wil graag ons stem voeg by die ander inwoners oor die haglike toestand van Voorbrugweg se pad. Dis werklik 'n ongeluk wat plek soek om te gebeur en heeltemal onaanvaarbaar.
Hier is soveel ontwikkeling in die omgewing en al daardie swaarvoertuie maak gebruik van dié pad. Ilita Lodge het busvragte vol mense wat daar tuisgaan wat ook hul lewens moet waag op die pad.
Ek ys om te dink watter indruk dit by toeriste skep - veral as ons ons roem op ons mooi paaie in die Wes-Kaap. Mens kan glad nie meer die pad gebruik met 'n gewone voertuig nie.
Die owerhede is vol verskonings (te kort aan geld ens.) oor hoekom die pad nie na behore herstel kan word nie, maar die arme inwoners moet hulle voertuie bly vervang.
Dis mos totaal onaanvaarbaar! Dit sal regtig 'n goeie begin wees as hulle net iemand met kennis kan uitstuur om die situasie te kom assesseer en 'n behoorlike oplossing te kry, aangesien die huidige plan om net die pad te skraap totale mors van tyd en geld is.