Helgard Müller, oud-Springbok, skryf:
Bevin Fortuin se begrafnisdiens Saterdag 20 September was 'n baie spesiale diens vir 'n baie spesiale mens. Die dominee het met soveel gevoel gepreek, en selfs die grappie dat Bevin hom kon oortuig om die Cheetahs te ondersteun, het gewys hoe diep sy invloed was.
Die respek wat die gemeenskap vir Bevin gehad het, was duidelik sigbaar in almal wat opgedaag het om hul laaste eer te bewys.
Selfs die mense rondom die kerk wat gehelp het met parkering, het gewys hoe 'n hele gemeenskap saamstaan.
'n Mens besef weer: jy kan 'n verskil in ander se lewens maak - al is dit net vir een persoon. Bevin het dit beslis gedoen. Hy sal altyd onthou word. Sy voetspore lê diep in Blanco, en sy naam is diep gekrap in die Vrystaat waar sy naam altyd op die 2005-trofee sal wees.
Dit was 'n voorreg om deel te kon wees van sy afskeid. Bevin sal altyd deel wees van ons spesiale groep - en van die hartklop van die Blanco-gemeenskap.
Dankie, Blanco, vir wat julle vir Bevin beteken het. Hy het altyd met trots gesê hy is van George, maar veral van Blanco.
R.I.V. Bevin.