SW, Gqeberha:
As inwoner van Gqeberha ry ek gereeld die N2 na Dwarswegstrand langs Glentana. Hierdie brug se bouwerk staan nou al stil vir 'n baie lang tyd. Ek is nuuskierig oor die rede. As gereelde gebruiker van die pad en as landsburger is ek ook bekommerd.
Is die finansiering van so 'n bouprojek onder die outoriteit en finansiering van Sanral?
Watter beherende entiteit is verantwoordelik om toe te sien dat die projek voltooi word?
Hoekom is daar vordering en bouwerk by 'n brug net buite George en ook op die N2 naby Van Stadens in die Oos-Kaap? Hierdie projekte het lank na Gwaiing-brug begin. Hoekom is daar hiervoor finansiering, maar Gwaiing-brug staan stil? Al hierdie werk is op die N2 van Sanral.
Wie is die kontrakteurs betrokke by Gwaiing? Is daar 'n datum vasgestel vir wanneer die werk hervat sal word en wanneer dit voltooi sal wees?
(Sien Sanral se reaksie in 'n artikel elders in hierdie uitgawe.)