Saturday 08:15
clear sky
Tomorrow:
overcast clouds 16°
George
Die moordenaars van Theodore Roman (51) van Delvillepark, wat vroeër die week by sy drankwinkel in Borcherds doodgeskiet is, het met niks meer as 'n boksie glase gevlug nie. Die bekende sakeman van Borcherds is omstreeks 09:00 Maandagoggend, 22 Januarie by Boeta's Corner in Nelson Mandela-boulevard, tydens 'n rooftog vermoor. Tot oormaat van ramp is die verdagtes na bewering weg met slegs die boksie glase wat hulle moontlik met 'n boks geld verwar het. Roman het, volgens inligting, nie banksakkies gebruik nie, maar het eerder die besigheid se geld in boksies versteek. Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, was Roman en sy winkelassistent op pad om geld te gaan bank toe twee mans die gebou binnekom en aandring op die geld.
George Herald proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a George Herald