GEORGE NUUS - Hoekwillers het verlede Vrydagaand, 26 April, snoesig onder hul warm komberse gesit om die skool se eerste opelug bioskoopvertoning te geniet.
Ofskoon dit steeds reënerig in George was, het Hoekwil se mense darem droog gebly terwyl hulle die fliek "Wonka" saam met familie en vriende geniet.
Volgens die skool se bemarker, Michele Beukes, is sowat 200 kaartjies verkoop. "Dit het gevoel soos die outydse inry-flieks. Ons sal dit beslis weer doen, dit was 'n reuse sukses. Hou ons sosiale media dop vir die volgende event."
Vure is op die perseel aangesteek vir hitte en 'n heerlike atmosfeer. Springmielies en 'n lekkergoedstalletjie is goed ondersteun, terwyl al die warm sjokolade drankies uitverkoop was.
Emily Joubert (8) peusel aan iets baie lekker. Ten spyte van die koel weer het heelwat gesinne met warm klere en komberse opgedaag vir 'n fantastiese aand.
Brock Little en Naylan Brooks, beide 12 jaar oud, lyk sommer baie "cool".
Hayleigh de Villiers (8) is reg vir die aand!
Wonka in die buitelug.
'n Lieflike gesinsaand.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’