Dié projek, wat nou saamwerk met talle liefdadigheidsorganisasies in die streek, gaan sy verjaardagvieringe én die afsluiting van sy program vir dié jaar, met 'n fees van musiek vier. Vir dié geleentheid sal die bekende sopraan Anina Wasserman van Gauteng spesiaal by die Peperboom-restaurant kom sing.
n Plaaslike sopraan, Estelle Scott van Glentana, sal saam met haar optree.
Die verrigtinge op Donderdag 1 November begin om 10:00 by Peperboom op Groot-Brakrivier.
Kaartjies kos R100, wat verversings insluit en sal van 12-29 Oktober te koop wees by die restaurant (044 620 3081) of by Lizette Loots (082 332 2342). Geen kaartjies sal op die oggend van die byeenkoms beskikbaar wees nie. Mans en vroue is welkom.
Geskenke sal ook in 'n gelukstrekking gewen kan word.
Vir meer inligting oor die Vuurvliegie-projek kontak Lizette by vuurvliegie@telkomsa.net of op 082 332 2342.

Die Gautengse sopraan Anina Wasserman gaan op 1 November by die Peperbooom-restaurant op Groot-Brakrivier sing by die Vuurvliegie-projek se jaarafskeidsgeselligheid.