Mariki, 'n pottebakker en keramiekkunstenaar, se gastehuis in Caledonstraat was Vrydag 'n miernes van bedrywigheid.
Haar jaarlikse besoeke aan Jerusalem in Israel bly vir haar 'n inspirasie om telkens weer met ongewone skeppings na vore te kom.
Haar vriendin, Elmine, se skilderye is dikwels ook in lyn met Mariki se temas.
Na al die jare van saamwerk en uitstal vul ons mekaar goed aan," het die twee so tussen deur die verkopery van hul kunsartikels vertel.
Mariki Stassen se keramiekskeppings het 'n sprokiesagtigheid wat geïnspireer word deur haar jaarlikse besoek aan Jerusalem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'