GEORGE VERMAAKNUUS - Die George-musiekvereniging se volgende uitvoering van internasionale standaard vind Vrydagaand, 3 Mei, in die kunsteteater plaas.
Die bekende violiste Zanta Hofmeyr en Miro Chakaryan gaan hul virtuoso program Viooldialoog uitvoer. Miro Chakaryan is die konsertmeester van die Johannesburgse Filharmoniese Orkes en Zanta Hofmeyr is beroemd as Suid-Afrikaanse konsertvioliste en kamermusikant.
Viooldialoog het verskeie pryse by kunstefeeste in Suid-Afrika ontvang, asook die 2018 Fiesta-toekenning vir beste uitvoering vir klassieke musiek. Die program sluit werke van Wieniawski, Sarasate, Leclair, Shostakovich en Mozkowski in.
Die talentvolle pianis Olive Sandilands van Mosselbaai sal hulle begelei.
Hierdie uitstekende konsert vind plaas op Vrydag 3 Mei in die George-kunsteteater in Yorkstraat om 19:30.
Kaartjies kos R140 vir die publiek, R30 vir leerders, en R90 vir lede en 75+ jaar en kan aanlyn bespreek word. Kaartjies sal ook by die deur beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'