GEORGE VERMAAK NUUS - Met drie konserte reeds agter die rug, is die Etensuurkonserte Herfsreeks wat Woensdagmiddae in die NG Moederkerk aangebied word, goed op dreef. Die publiek kan uitsien na nog vier besonderse musiekervarings.
Volgende Woensdag, 5 Mei, gaan Dr Ingrid Robinson en Dalene Brits 'n verskeidenheid aanbied wat klavier, blokfluit en altviool insluit.
Die werke wat opgevoer gaan word, is Jean Baptiste Loeillet se Sonate nr 4 vir altblokfluit en klavier, die eerste deel uit Antonio Vivaldi se Konsert in C vir sopranina, en Brahms se Sonate op 120 nr 1 vir altviool en klavier.
Die konsert vind van 13:10 tot 13:50 in die NG Moederkerk George plaas. Toegang is gratis, maar donasies is baie welkom. Covid-19-protokol sal gehandhaaf word.
Vir verdere navrae, kontak Gerrit Jordaan by 072 760 3446 of Karen Temmingh by 044 874 4904.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'