GEORGE NUUS - Op 16 September kon 'n groot gejuig en rumoer weer vanuit die Tuiniqua-versorgingsoord gehoor word en vir die oningeligte kon dit klink asof daar 'n groot sportwedstryd aan die gang is.
Wel, die een wat so dink sou nie ver verkeerd wees nie, want dit was die oord se kwartaallikse speledag.
Mens sou maklik kon dink dat daar meegeding word vir 'n plek in die Olimpiese span soos die deelnemers mekaar aangevat het.
Hierdie kwartaal was die A-Team (gepaste naam) die wenspan en is die individuele kompetisie vir die tweede agtereenvolgende keer deur Marie Fourie gewen.
Agterna was almal weer groot vriende.
Daar word met opgewondenheid uitgesien na November se speledag.
Die wenspan, van links: Paddy Jehring, Pieter Coertze, Marie Fourie, Roelf Weideman en Anne Atkins.
Die siekeboeg het dalk 'n pasiënt of twee bygekry met seer spiere en lywe, maar wat, na 'n paar dae was almal weer fiks en aan die gang.
Hoe lyk dit met die ander oorde, wil hulle nie 'n span of twee stuur om te kom meeding nie? - Coenie Ritter
Ronnie Atkins en Christina Nortje in aksie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'