Maar eers is daar die bekendstelling van hulle tweede CD Die pad na Pretoria hierdie Sondag 3 Junie om 14:00 in Parkdene Primêr se skoolsaal. Michael Lindt tree op saam met die kinders as voorsanger en juffrou Janine Botha sê hy is wonderlik met die kinders.
Vir meeste van die 60 lede, almal in grade 3, 4 en 5 is dit die verste en langste wat hulle weg sal wees van die huis. Die toer is van 30 Julie tot 6 Augustus.
Die koorkinders gaan optree saam met Oosteind Laerskool, Monumentpark Laerskool en die Jakaranda-kinderkoor voordat hulle besoek afsluit met 'n optrede by die Skuilkranskerk. Mereldene Pikaan (gr. 3) sê haar gunsteling koorliedjie is Witbroek en haar maatjie Bronwyn Davids se hare is liewer Boude.
Daar is ook die opvoedkundige besoeke aan die Pretoria-dieretuin, Goldreef City en die Staatsteater waarna hulle kan uitsien. Vir Shandol Jansen (gr. 5) is hierdie die deel waarna hy die meester uitsien. Nog 'n gr. 5-leerder, Bevenicia Baardman bevestig sy gaan help om gedurende die toer na haar jonger koormaatjie om te sien.
Maar daar is baie harde werk ingesit om hierdie toer moontlik te maak.
Koorouers het verskeie projekte aangepak het, verkope by die skool gehou en borge vanoor die hele land genader om hulp. Die Van Geel Groep het ook finansiële ondersteuning gegee. Juf. Botha sê ook dat Michael ontsettend baie gehelp met die maak van die CD wat opgeneem is deur Rene Piet. Jak en Joke van Geel, en Gerde van den Berg het finansieel gehelp met die maak en verkope van die CD in Nederland en "op so 'n manier is 'n groot deel van die toer ook betaal," sê Juf. Botha.

Oefen, oefen, oefen! Die juniorkoormaatjies van Parkdene Primêr oefen elke Vrydagmiddag vir hulle toer na Pretoria.
FOTO'S EN ARTIKEL: LEEANNE PRATT, GEORGE HERALD-JOERNALIS