Die gehoor word vergas op talle bekende liedjies en komedie wat volgens kritici gehore lank agterna bybly.
Bespreek jou plek by 082 780 9090 en maak seker jy sien hierdie ‘rolmodelle wat die weegbrûe op die land se paaie baie geld gaan skuld weens ... ag oukei, hul gewig!’
Kaartjies is ook beskikbaar by Golf & Cellular in die Langeberg Mall (ingang 2), Liquor City (Da Nova) en Planet Golf in Yorkstraat, George.
‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en groepbesprekings kan ook gedoen word.
Die vertoning word in samewerking met Celebrity Promotions, André Gerber Promosies en Langeberg Mall in Mosselbaai aangebied.
.jpg)
Die viertal van die Swaargewig Komedievertoning is (van links) Thys die Bosveldklong, Zak van Niekerk, Vaatjie (Gerhard Odendaal) en Jaco Labuschagne.