GEORGE VERMAAKNUUS - Solidariteit Helpende Hand hou op Saterdag 29 Februarie 'n geldinsamelingsfunksie met Willem Botha en Leah in konsert.
Die organiseerders beoog om 'n heerlike karnavalatmosfeer te skep met kostrokkies wat kos gaan verkoop en tafels in 'n markiestent waar die gehoor lekker saam kan kuier voor en na die konsert.
Kaartjies is beskikbaar by Ons Winkel in die George Lily-gebou (tussen Flinkvlyt-tuisnywerheid en Happy 5 Rand-winkel agter Shoprite) en by die NG Moedergemeente se kantoor.
Persone wat nou 'n kaartjie koop, kry R20 af op kaartjieprys.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'