GEORGE NUUS - AfriForum Jeug nooi die hele gesin uit om te kom dans en sokkie soos in die ou dae by die 4 Brothers Aartappelstoor op die R404 net buite Blanco op Saterdag 21 Oktober.
Kaartjies kos R190 (18 en ouer) R170 (17 en jonger). Fondse word ingesamel vir SA 4 Hope en ander projekte waarmee hulle besig is.
Hekke maak om 16:30 oop en dinge begin rondom 18:00 lekker raak. Verversings en 'n kontantkroeg sal beskikbaar wees.
Trek jou lekkerste paar sokkies aan en bring 'n ekstra paar om aan behoeftige mense te skenk. Thelma, van die bekende plaaslike sangpaar Jovan en Thelma, sal saam met Prop die dansvloer aan die gang hou.
Verskeie unieke items en geleenthede sal ook opgeveil word.
Vir meer inligting skakel Jana Naudé by 079 857 3295.
Prop gaan saam met die plaaslike sanger, Thelma, die dansvloer aan die brand hou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’