GEORGE NUUS - Sondag 27 Augustus om 15:00 kry u geleentheid om deel te wees van 'n gewyde sanggeleentheid, Sing Alleluia, in die styl van Songs of Praise.
Die konsert word deur George-musiekvereniging aangebied en vind in die NG Moedergemeente plaas.
Die Fortissimo-koor van Johannesburg onder leiding van prof. Gideon Els span kragte saam met plaaslike musikante soos die Eden Camerata-kamerkoor en 'n plaaslike strykensemble met begeleiding deur Throy Petersen, Stéfan Conradie, Cornél Engelbrecht en Gerrit Jordaan.
Daar sal bekende liedere soos It is well with my soul, Jerusalem en Prys Hom die Hemelvors gesing word wat die gehoor kan saamsing.
Toegang is gratis, maar 'n donasie is welkom. Almal welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’