TUINROETE | KAROO NUUS - Die proses het begin om 'n unieke digbundel in Afrikaans saam te stel met gekeurde gedigte wat tydens- en oor die inperkingstyd geskryf word.
Behalwe dat gevestigde digters genader word om gedigte aan te bied, kan alle ander digters ook voorleggings doen.
Die bundel se titel is: 'Maskers en Mure' en het die Covid-19-pandemie as tema.
Dit word saamgestel deur Daniel Hugo en Francois de Jongh en uitgegee deur Turksvy Publikasies. Daniel Hugo is die hoofkeurder.
Hierdie digkunsprojek word in samewerking en met die ondersteuning van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) gedoen.
Voorwaardes vir voorlegging:
1. Slegs twee gedigte per digter mag voorgelê word
2. Die gedigte moet tydens die inperkingstydperk geskryf wees en die wêreldwye pandemie as tema gebruik
3. Die gedigte mag nog nie voorheen in 'n ander bundel gepubliseer wees nie
4. Die gedigte moet die digter se eie werk wees.
5. Voorleggings word aanvaar tot middernag op 28 Februarie 2021.
6. Digters wie se gedigte aanvaar word sal teen 15 Maart in kennis gestel word. Die digter behou kopiereg op gekeurde gedigte.
7. Die keurders se keuse is finaal en geen korrespondensie of navrae oor inskrywings word hanteer nie
8. Die gedigte moet as 'n Word-dokument in Times New Roman 11 by die epos aangeheg word. Gedigte wat in die epos self getik en gestuur word, word nie oorweeg nie.
9 Stuur inskrywings aan danielhugo.skryf@gmail.com en verskaf 'n kontaknommer in die epos.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'