GEORGE NUUS - Die jazzorkes van Hoërskool Outeniqua word as een van die pragtige vertoonvensters van die skool se musiekdepartement beskou.
Hierdie ensemble het gedurende die skool se eeufeesjaar aan 'n groot verskeidenheid optredes deelgeneem.
Hoogtepunte sluit konserte in die Endler-saal in Stellenbosch, die Artscape-verhoog asook die Makhanda Nasionale Jazzfees waar twee van die leerders, Logan Jantjies en Jean du Plessis in die nasionale skole jazzorkes opgeneem is.
Dit is die eerste keer in die bestaan van die fees dat leerders uit die Tuinroete-omgewing in hierdie prestige ensemble ingesluit is.
The Ploemies: Duncan Johnson, Bradley Prince, Keno Carelse en Shaun Johannes.
Die Kaapstad-manne Shaun Johannes, Duncan Johnson, Bradley Prince en Keno Carelse van die orkes, The Ploemies, heg groot waarde aan die behoud van eg Suid-Afrikaanse musiek en spits hulle daarop toe om die outentieke musiek van onbekende komponiste aan gehore bekend te stel.
Hulle het saam met die skoolorkes by Hoërskool Outeniqua opgetree op 18 Augustus.
Die Outeniqua-jazzorkes se volgende optrede is by die Stellenbosch Universiteit Nasionale Ensemble-kompetisie wat op 30 September plaasvind.
Agter, van links: Ryno Munro, Marnu van Sandwyk, Coert van Sandwyk, Inge Schröter en Minké van Zyl. Voor is Lynette Petersen (musiekonderwyser), Henco Bester, Logan Jantjies (orkesleier) en Jean du Plessis.
Agter van links is Henco Bester, Marnu van Sandwyk en Coert van Sandwyk. Middel: Ryan Munro en Jean du Plessis.Voor: Inge Schröter, Logan Jantjies (orkesleier) en Minké van Zyl.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’