Soos altyd was dit ‘n groep talentvolle, hardwerkende jong musikante, gereed en gewapen met hulle trompette, blokfluite, viole, kitare, mooi stemme en musiekstaanders om die beoordelaars se lewens baie moeilik te maak. Party van hulle moes hulle amper reguit vanaf Unisa-eksamens haas na die Arts Theatre om weereens hulle musiekstukke uit te voer.
Dit spreek van volharding en karakter. Ander het weer met hulle deftige voorkoms respek en eerbied getoon aan die komponis, die kuns van musiek en die gehoor.
Verlede jaar se ensemble-wenners, Fluiteluitelui, het die koms van die lente voorspel met hulle kleurvolle, vrolike uitrustings.
'n Lus vir die oog en oor. Die spanning loop nou hoog om te sien wie op 21 September weer moet optree by die Jong Musikantekonsert vir die finale beoorde-lings en prysuitdeling.
Die standaard hierdie jaar was weer hoog en almal sien baie daarna uit om te sien wie met die louere in die junior en senior afdelings gaan wegloop.
Die Jong Musikantekonsert vind plaas op Dinsdag 21 September om 19:00 by die Arts Theatre. Kaartjies kos R40 vir volwassenes en R10 vir kinders.
Bespreek ‘n plek by die Arts Theatre weeksdae van 10:00 tot 14:00, of kontak hulle by 044 874 3142. Skakel vir navrae na 044 873 0201 of 082 444 3291.
Verlede jaar se ensemble-wenners, Fluiteluitelui.