GEORGE NUUS - Die bekende plaaslike mezzo-sopraan Elisabeth Potgieter gaan 'n program van arias uit bekende operas aanbied by die etensuurkonsert op Woensdag 6 April.
Potgieter (néé Gericke) het op die plaas Die Bof net buite George grootgeword. Sy matrikuleer aan Hoërskool Outeniqua en verwerf 'n graad in musiek (cum laude) by US, waar sy sangonderrig by die hoog aangeskrewe prof. George van der Spuy ontvang.
Sy verwerf later die Voordraerslisensiaat-diploma in sang by Unisa, sowel as verskeie bykomende diplomas in musiek.
Sedert 2014 bied sy klasse in sangtegniek en stemafrigting vir volwassenes sowel as kinders aan by die Suid-Kaap Musiek-akademie in George.
Sy word begelei deur die briljante, pianis Dalene Brits.
Die program sluit in die gewilde Che faro senza Euridice uit Orfeo ed Euridice van Gluck, Faites-lui mes aveux uit Faust van Gounod, Kommt ein schlanker Bursch gegangen uit Der Freischutz van Weber en Connais-tu le pays uit Mignon van Thomas, plus ander pragtige mezzo-sopraan arias.
Die konsert vind tussen 13:00 en 14:00 in die Moederkerk plaas. Toegang is gratis, donasies welkom. Dra asb. u masker.
Die volledige program van mezzo-sopraan opera-arias is:
- Che faro senza Euridice uit Orfeo ed Euridice van Gluck
- Non so più cosa son uit Le nozze di Figaro van Mozart
- Faites-lui mes aveux uit Faust van Gounod
- Connais-tu le pays uit Mignon van Thomas
- O mio Fernando uit La Favorita van Donizetti
- Il segreto per esser felice uit Lucretia Borgia van Donizetti
- Terra adorata uit Don Sebastiano van Donizetti
- Kommt ein schlanker Bursch gegangen uit Der Freischutz van Weber
- Mon Coeur s'ouvre à ta voix uit Samson et Dalila van Saint-Saëns
- Cancione de Paloma uit El barberillo de Lavapies van Barbieri
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'