GEORGE NUUS - Die Ons Gee Om-toergroep bestaan uit vier gewilde kunstenaars Pieter Mohr, Rooies, Denis Carstens en Kaycee wat Augustus die pad vat van die Weskus tot in die Suid-Kaap.
Die hoofdoel is om deur die dag seniors burgers by aftreeoorde met 'n gratis vertoning te besoek en om dan 'n groot vertoning vir die publiek te hou in die dorp.
Die toer is vir 'n goeie doel om te wys hulle gee om vir ons senior burgers.
Die groep vra dus dat die publiek hulle sal ondersteun in hierdie inisiatief. Die toergroep tree op Sondagmiddag
20 Augustus van 14:00 tot 18:00 by George-kunsteteater op. Kaartjies is R100 vir vier topkunstenaars en kan by die teaterkantoor in Yorkstraat gekoop word gedurende kantoorure, skakel 044 874 3142 or bespreek by georgeartstheatre.co.za.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'