“Ek voel geëerd om ’n rol in die ontwikkeling van Kunste Onbeperk te speel en om deel van die evolusie van die KKNK te wees. Dit gaan nie vir my net oor ’n fantastiese fees en die tentoonstelling van die kunste nie, maar ook besinning oor die progressiewe rol van Afrikaans in ’n moderne Suid-Afrikaanse samelewing,” sê Sonn.
Van Dyk het sedert 2011 as voorsitter gedien. "Dit was vir my ’n voorreg om die afgelope ses jaar as voorsitter te dien en ek gee die voorsitterskap met ’n geruste hart aan Crispin oor. Ek sien daarna uit om Kunste Onbeperk se vordering onder sy bekwame leiding te volg en wens hom en die direksie alle sterkte vir die pad vorentoe toe," sê van Dyk, wat steeds as direksielid betrokke bly.