VERMAAKLIKHEIDSNUUS - Musiekliefhebbers kan uitsien na 'n aand van nostalgie, humor en pragtige klanke op Vrydag 8 Mei wanneer Petronel Baard en Jannie Moolman by die Attic Atelier optree met hul produksie, Wat die hart (steeds) van vol is.
Hierdie gewilde duo is bekend vir hul besondere kragkombinasie op die verhoog. Gehore kan 'n lekkerluisterervaring verwag waar musiek, stories en vrolike geselskap saamvloei tot 'n warm en onvergeetlike vertoning - perfek in die gees van Moedersdag.
Anders as hul vorige produksie, Wat die hart van vol is, wat in 2025 landswyd getoer het en uitsluitlik Afrikaanse musiek bevat het, neem hierdie nuwe vertoning gehore op 'n wyer musiekreis.
Benewens geliefde Afrikaanse liedere, sluit die program ook internasionale gunstelinge in soos "Lisa se klavier", "Hymne à l'Amour" en "Don't Cry for Me Argentina".
Die vertoning begin om 18:30. Kaartjies kos vanaf R200 per persoon, met worsbroodjies, koffie en tee te koop, en kroegfasiliteite is ook beskikbaar.
Besprekings: op Quicket of per WhatsApp aan Petronel Baard by 082 737 8416.
Jannie Moolman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’