GEORGE NUUS - Orrelliefhebbers kry môreaand, Vrydag 28 Julie, die geleentheid om die bekende Nederlandse orrelis, Marco den Toom in die NG Moederkerk in George te hoor.
Hy speel 'n program wat bekende werke van Mendelssohn, Boëllmann en Lefébure-Wély, asook enkele improvisasies insluit.
Die konsert begin 18:30 en toegang is slegs 'n donasie.
Marco studeer aan die Utrechtse Konservatorium. Sy missie is om die orrel toeganklik te maak. Hy word gereeld op radio en TV gehoor, en sy DVD-opnames is wêreldwyd bekend. Lees meer oor hierdie veelsydige orrelis by www.marcodentoom.nl.
Saterdagoggend om tussen 09:00 en 11:00 bied hy 'n lesing aan by SAKOV se streekbyeenkoms in die Hervormde gemeente.
Kontak Gerrit Jordaan 072 760 3446 vir meer inligting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’