VERMAAK NUUS - Die Tuiniqua-versorgingsentrum nooi vroue om Moedersdag op 'n stylvolle manier te vier tydens ’n spesiale oggendtee by die George-museum op Saterdag 9 Mei.
Die geleentheid vind van 09:00 tot 12:00 plaas en beloof ’n oggend van elegansie, inspirasie en samesyn.
Gaste word genooi om vriendinne saam te bring, mooi aan te trek en as gasvrou ’n tafel van agt te bespreek.
Heerlike eetgoed, tee en koffie sal bedien word terwyl besoekers ook deur stalletjies kan stap en pragtige kuns bewonder.
Die gasspreker is Tania Smit, skrywer van die Facebook-blad, Hekelwoorde. Sy is bekend vir haar oop en eerlike skryfwerk oor die innerlike wêreld van emosies, veral vanuit die perspektief van ’n ma en vrou. Haar boodskap beloof om harte aan te raak en diep nadenke te inspireer.
Fondse wat ingesamel word, sal Tuiniqua se Versorgingsentrum (AVV) en die Ambassadeurs van die George-museum ondersteun.
Kaartjies kos R250 per persoon.
Om ’n tafel te bespreek, kontak Ronel by Tuiniqua by 065 751 1878 of stuur 'n e-pos na [email protected].
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’