GEORGE NUUS - By die vyfde etensuurkonsert in hierdie jaar se Lentereeks vandag, Woensdag 30 Oktober, is die kunstenaars 'n ensemble genaamd Klaralt, wat bestaan uit vyf lede: Kalene Roux (fluit), Elize Munro (klarinet), Dalene Brits (klavier), Calvin Steyn (viool) en Ingrid Robinson (altviool).
Hierdie plaaslike musikante het almal al meermale by die etensuurkonserte opgetree, beide as individuele kunstenaars en as lede van groepe.
Die program bied werke deur onder andere Beethoven, Schubert, Mendelssohn, Poulenc en Piazzola.
Daar is nie baie werke vir hierdie ongewone kombinasie van vyf instrumente geskryf nie, en van die musiek is spesiaal vir die groep verwerk.
Die program sluit ook in ensemblewerke vir drie en vier instrumente, wat sorg vir 'n wye spektrum van luistergenot.
Die lede van Klaralt is, van links: Kalene Roux, Elize Munro, Dalene Brits, Calvin Steyn en Ingrid Robinson. Foto: Jenny van Wyk
Die konserte word op Woensdae by die NG Moederkerk vanaf 13:10 tot ongeveer 13:50 aangebied.
Daar is geen toegansfooie nie, maar donasies om onkostes te help dra is altyd welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’