GEORGE NUUS - Ons almal het dit nodig. Kom lag 'n bietjie saam met plaaslike kunstenaar Loané van Sandwyk, by die George-kunsteteater op Sondag 13 November om 15:00.
Saam met Abigail Kolbé, Brave Dave en Hoërskool Outeniqua Jazz Band, bied van Sandwyk 'n motiveringskabaret aan wat daarop gemik is om mense te laat lag, maar hulle ook te laat met iets dieper om oor te dink.
Die produksie, 'n Bietjie Liedjie, is 'n musiekgedrewe produksie deur Van Sandwyk met die ander drie wat haar iewers gedurende die vertoning vir 'n duet vergesel.
"Die gehoor kan uitsien na selfgeskrewe liedjies, 'n karakter of twee asook 'n paar covers met begeleiding deur kitaar, ukulele, klavier en trekklavier. Dit gaan werklik 'n middag vol pret en plesier wees," sê Van Sandwyk.
Abigail Kolbé
'n Bietjie Liedjie - deur Loané van Sandwyk
Die lewe is 'n lied
Ons moet mos net sing
Maar hoe dan nou gemaak
wanneer teëspoed jou omring?
Jy haal diep asem
Tel jouself weer op
En neurie maar 'n deuntjie
Al wil jy eintlik stop.
Die vertoning is lig en skoon
Komedie sal jy vind
So kom ontspan lekker hier
En verbeel jou jy's weer 'n kind
Brave Dave
Die Hoërskool Outeniqua Jazz Band.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'