Basjan gaan as seremoniemeester optree by Morêson se verjaarsdagvieringe.
GEORGE NUUS - 'n Groot fees word gedurende die naweek van 20 - 22 Augustus vir die Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentrum gehou. Môreson is op soek na alle oud Môresonkinders en -personeel om deel te wees van hierdie heuglike gebeurtelikheid. Die program vir die naweek lyk soos volg:
Vrydag 20 Augustus: Môreson beplan 'n lekker verjaarsdagpartytjie die aand vir al die huidige kinders en doen 'n beroep op individue en besighede wat hul weg kan oopsien, om betrokke te raak deur middel van skenkings.
Saterdag 21 Augustus:
Môreson hou reünie met alle oud Môresonkinders en -personeel. Indien jy 'n oud-Môresonner is of weet van iemand, kontak hulle asseblief vir 'n uitnodiging.
Musiekfees Op Saterdag, 21 Augustus word ook ’n volwaardige musiekfees gehou by Bush Lapa, Oubaai-afrit, Heroldsbaai. Bekende plaaslike kunstenaars gaan sorg vir vermaak. Tashia, Nico Harmse, Nicky Stears, Mieke en Tony Nelson is van die kunstenaars wat gaan optree, met Basjan as seremoniemeester en gaskunstenaar. Die musiekfees begin om 14:30 tot laat. Daar sal 'n grootskerm TV wees vir dié wat wil kyk na die rugbywedstryd tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Aktiwiteite vir die kinders sluit Zorbing-balle en paintball in. Toegang is slegs R40 vir volwassenes en R20 vir skoliere. Verskeie promosies gaan tydens die musiekfees aangebied word.
Ete en dans
Nog steeds op 21 Augustus - trek jou dansskoene aan en eet en kuier saam vanaf 18:30 by die King George Protea Hotel, George. Beperkte kaartjies is beskikbaar vir die dans met die baie gewilde Flashback-orkes wat na afloop van die buffet-ete sal sorg dat geen toon ongeroer bly nie. Kaartjies is R250 per paar en beskikbaar by 082 777 4169 of 044-874 4798 gedurende kantoorure.
Sondag 22 Augustus
Die naweek word afgesluit met 'n gedenkdiens en gesamentlike ete by die NG Kerk Bergsig, 4de laan, Bergsig.
Vir meer inligting om betrokke te raak of om kaartjies vir die ete en dans te bekom, skakel vir Janine Pretorius by 044 874 4798 gedurende kantoorure, na-ure by 082 777 4169 of stuur e-pos na acvvmoreson@acvv.org.za.
Posted on: 09:20 Thu, 12 August 2010
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: