GEORGE NUUS - Die NG Moedergemeente hou weer op Saterdag 2 November kermis op hulle terrein in Courtenaystraat.
Dit begin om 09:00 en daar sal iets te ete en te doen wees vir almal.
Die tipiese kermis-eetgoed en tuisgebak sal beskikbaar wees, asook verskillende heerlike potjiekosse en braaivleis.
Koop jou kaartjies vir die braaivleis en potjiekos voor die tyd by die kerkkantoor.
Die 'Amazing Race' skop af om 09:00 en 'n worsbroodjie eetkompetisie vind om 10:00 plaas.
Die kinders kan pret hê op die springkasteel; die wat senuwees van staal het, kan deelneem aan 'Nerf Wars', of hulle kan sommer net lekker weglê aan 'n groot spookasem.
Kaartfasiliteite is beskikbaar vir die aankoop van die kaartjies vir die etes en aktiwiteite.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’