GEORGE NUUS - Musiekliefhebbers kan uitsien na 'n reeks middaguurkonserte wat oor die volgende twee maande by die NG kerk Moedergemeente aangebied gaan word.
Geen toegang word gevra nie, maar donasies sal welkom wees.
Geen konsert word beplan vir die openbare vakansiedag, Woensdag 21 Maart nie.
Die voorlopige program is as volg:
7 Maart:
'n Program van Schubert Lieder: Elisabeth Potgieter (mezzo-sopraan), Heinrich Jonck (tenoor) met Dalene Brits.
14 Maart:
Leerlinge van Outeniqua Hoërskool se Jazz ensemble, klassieke instrumentaliste en Vokale ensemble.
28 Maart:
Dalene Brits: soloklavier uitvoering: Schumann Kinderszenen, Rachmaninov en Albeniz
4 April:
Bella Musica-ensemble (Ruan van der Vyver, Calvin Steyn, Jessica Stark, Gerrit Jordaan)
11 April:
Liedere van plaaslike komponiste Gerrit Jordaan en Dalene Brits, uitgevoer deur die soprane Lida de Villiers en Alma Oosthuyzen met begeleiding deur die komponiste
18 April:
Gerrit Jordaan: orreluitvoering
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'