Top- Suid-Kaapse kunstenaars neem deel aan die uitstalling wat duur vanaf 3 tot 30 April. Die fyn draaiwerk van Wally Rossini, Graham Jones, en Dave Stephenson wat pragtige houtvase ingesluit het, is van uitstaande gehalte. Die kabinetwerk en meubelmakers wat onder andere Richard Henley, Div de Viliers, Rob Prange en J.C. Lombard insluit, het heelwat bewondering tydens die opening uitgelok.
Dié uitstekende vakmanne, almal uit Suid-Kaap-bodem, het beslis voldoen aan een van die definisies van ware kunswerk naamlik - "...die skepping van gedisstingeerde en onvervangbare werk", het Strydom gesê.
Daar is ook skilderye en keramiekwerk om te besigtig.
 (Small).jpg)
Hier is Wally Rossini by van sy houtvase en silindriese werke, wat meer soos fyn kantwerk vertoon.