GEORGE VERMAAK NUUS - Matthys Roets tree op Vrydag 16 November by die Outeniqua-skousaal op as gas van Solidariteit Helpende Hand se George-tak.
Die geleentheid is 'n geldinsameling. Aanhangers van Roets word genooi om hulle piekniekmandjies te pak met eetgoed en drankies en, as 'n skenking, een blikkie nie-bederfbare kos.
Tafels van 10 persone is beskikbaar. Slegs 'n beperkte aantal tafels is beskikbaar.
Roets het sy musiekloopbaan in 1989 begin toe hy vir fooitjies by winkelsentrums gesing het. Deur sy loopbaan het hy bekendheid verwerf vir sy sielvolle vertolkings van die wêreld se mooiste ballades, veral musiek van Leonard Cohen, Roger Whittaker en Neil Diamond. Sy pad was nie altyd maklik nie. Na sy motorfietsongeluk neem Roets die besluit om voort te gaan om op te tree. Hy het besluit niks gaan hom onderkry nie.
Kaartjies kos R100 plus 'n blikkie kos en is beskikbaar by Marieta by 082 900 3156.
Die program begin om 19:00.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'