GEORGE NUUS - Op Saterdag 1 Oktober vier Laerskool Herold lente met hul eerste en hopelik, jaarlikse lentemark wat op die skoolterrein plaasvind.
Die buikspreker en kulkunstenaar, Jannie de Bruin, Wim Erasmus en Michael Lindt kan op die verhoog verwag word, en daar sal ook talle stalletjies met allerhande lekkernye, kuns, tuisgebak wees.
Vir die kleinspan sal daar onder meer springkastele, donkiekarritte, gesigverf en een en 'n halwe meter spookasem beskikbaar wees en ander soorte vermaak.
Almal kan deelneem aan stap- en fietsryroetes in die omgewing.
Dit beloof om 'n dag vol vet pret en plesier te wees vir oud en jonk.
Vir meer inligting, of om jou stalletjie te bespreek, kontak gerus vir Deidré Roux by 076 152 6252.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'