OUDTSHOORN NUUS - Weg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners. Weg met die poeierholle, die hoitie-toitie-skeeloog-anties, die Martie Martelgatte en die Jannie Jammerballe.
Weg met die oorgenuan-sieerde suutjies-poep-polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede.
Is jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos 'n bok wat afdraend kyk? Lyk jou vrou al meer soos haar paspoortfoto? Dan is dit tyd om 'n kaartjie vir hulle te koop na hierdie vertoning by die KKNK in Oudtshoorn.
Wees gewaarsku: Jy moet lag dat die trane rol, anders spuit hulle jou met Doom.
Wanneer
Hoërskool Oudtshoorn - kykNET venue op 29 Maart om14:00, 30 Maart om 18:00, 31 Maart om 09:30 en 1 April om 14:00. Besprekings: Computicket.
Wen kaartjies: Tien paartjies kan kaartjies wen vir die skreeusnaakse vertoning met Margit Meyer-Rödenbeck as Dolla van der Merwe en Wicus van der Merwe as Dowwe Wicus. Hou die George Herald Facebook-blad dop vir die kompetisie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'