GEORGE NUUS - Die laaste etensuurkonsert in hierdie jaar se lentereeks wat in die NG Moederkerk aangebied word, is 'n solokonsert deur die bekende mezzo-sopraan Elisabeth Potgieter.
Sy word op die klavier begelei deur die onblusbare Dalene Brits en in die sluitingslied van die program, Scubert se Die herder op die rots, word sy ook bygestaan deur Elize Munro op die klarinet.
Schumann se aangrypende siklus, Frauenliebe und Leben, verhaal die verskillende stadia van 'n vrou se liefde.
Die aanvangslied is 'n Ständchen van Schubert waarin daar ook 'n mannekwartet voorkom.
Kom luister gerus na hierdie pragtige konsert op Woensdag 18 Oktober om 13:10 in die Moederkerk. Toegang is gratis, donasies welkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’