GEORGE NUUS - Die jazzorkes en -trio van Hoërskool Outeniqua het die naweek aan die Universiteit Stellenbosch se nasionale ensemble-kompetisie deelgeneem.
Die kompetisie bestaan uit drie kategorieë, naamlik klassieke musiek, jazz en inheemse Afrika-musiek.
Dit verdeel verder in twee sub-afdelings, orkes en duo, trio of kwartet. Vier ensembles het in die jazzkategorie opgetree en Outeniqua het beide die beste jazzorkes en beste jazztrio gewen.
Die jazzorkes kom tweede, en die jazztrio word as die algehele wenner in die skole-afdeling aangewys.
Verskeie skole regoor die land neem jaarliks deel aan hierdie kompetisie, wat deur professionele musikante wat by tersiêre instellings doseer beoordeel word.
Die Third Wave-jazztrio bestaan uit Logan Jantjies, Henco Bester en Ryan Munro.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’